Tuesday 5 August 2014

Review in the July Issue of Sarie by Lydia van der Merwe


 
 
 
 
 
 
 
 
As die brein-oordragstowwe GABA en dopamien albei laag is, gaan jou kosdrange (cravings) jou oorrompel, sê dr. Hannetjie van Zyl-Edeling. Volgens haar werk Tim Noakes se hoë-vet-lae-koolhidraateetplan juis daarom vir baie mense. Proteïene voorsien die aminosure waarvan brein-oordragstowwe (veral dopamien) gemaak word. En as jy koolhidrate grootliks uitskakel, kry jy beheer oor jou wisselende bloedsuikervlakke.
Dopamien
’n Tekort kan onder meer lei tot gewigstoename, moegheid en die onvermoë om stres te hanteer. Jy het ’n drang na nikotien, koffie, soetgoed of ander energie-opkikkers.
Vul dit aan
  • Eet proteïenryke kosse soos hoender, maaskaas, eiers, laevet-kase, melk, jogurt, kalkoen, wildsvleis, okkerneute.
  • Oefen met gewigte, speel ’n potjie skaak, doen asemhalingsoefeninge.
  • Kyk ’n snaakse fliek of vertel grappies.
GABA
Dis betrokke by die maak van endorfiene – natuurlike pynstillers wat jou goed laat voel. ’n Tekort gooi jou van balans af en maak jou angstig, geïrriteerd en vol skuldgevoelens. Jy kan ’n binge-eter wees.
Vul dit aan
  • Vermy witmeel, -suiker en ander verfynde stysel, want dit laat jou bloedsuiker wipplank ry, vererger angs en is ’n sneller vir kosdrange.
  • Eet amandels en ander boomneute, piesangs, broccoli, bruinrys, lensies, sitrus, aartappels, spinasie, heelgraan (verkieslik nie koring nie).
  • Doen aërobiese oefeninge, loop in die natuur en drink kruietee vir angs.
Belangrik
Oefen minstens ’n halfuur per dag om jou brein-oordragstowwe te balanseer, bloedsuiker en depressie te beheer en jou metabolisme flink te hou.
Order your copy of Over the Moon Now 
 

No comments:

Post a Comment

Thank you for commenting. We appreciate your feedback.