deur Lydia van der
Merwe
As die brein-oordragstowwe GABA en dopamien albei
laag is, gaan jou kosdrange (cravings) jou oorrompel, sê dr. Hannetjie
van Zyl-Edeling. Volgens haar werk Tim Noakes se hoë-vet-lae-koolhidraateetplan
juis daarom vir baie mense. Proteïene voorsien die aminosure waarvan
brein-oordragstowwe (veral dopamien) gemaak word. En as jy koolhidrate
grootliks uitskakel, kry jy beheer oor jou wisselende bloedsuikervlakke.
Dopamien
’n Tekort kan onder meer lei tot gewigstoename,
moegheid en die onvermoë om stres te hanteer. Jy het ’n drang na nikotien,
koffie, soetgoed of ander energie-opkikkers.
Vul dit aan
- Eet proteïenryke kosse soos hoender, maaskaas, eiers, laevet-kase,
melk, jogurt, kalkoen, wildsvleis, okkerneute.
- Oefen met gewigte, speel ’n potjie skaak, doen
asemhalingsoefeninge.
- Kyk ’n snaakse fliek of vertel grappies.
GABA
Dis betrokke by die maak van endorfiene –
natuurlike pynstillers wat jou goed laat voel. ’n Tekort gooi jou van balans af
en maak jou angstig, geïrriteerd en vol skuldgevoelens. Jy kan ’n binge-eter
wees.
Vul dit aan
- Vermy witmeel, -suiker en ander verfynde stysel, want dit laat jou
bloedsuiker wipplank ry, vererger angs en is ’n sneller vir kosdrange.
- Eet amandels en ander boomneute, piesangs, broccoli, bruinrys,
lensies, sitrus, aartappels, spinasie, heelgraan (verkieslik nie koring
nie).
- Doen aërobiese oefeninge, loop in die natuur en drink kruietee vir
angs.
Oefen minstens ’n halfuur per dag om jou
brein-oordragstowwe te balanseer, bloedsuiker en depressie te beheer en jou
metabolisme flink te hou.
Order your copy of Over the Moon Now
No comments:
Post a Comment
Thank you for commenting. We appreciate your feedback.